Kultuur;

Gedurende die inperking in 2020 het die twee Gouties, Danielle en Layla De Hart deelgeneem aan die Genootskap vir die Handhawing (GKA) se nasionale digkompetisie. Beide hulle gedigte is gekies om in hierdie jaar se digbundel ‘Stemme uit die Suiderland XV’ opgeneem te word. Baie geluk met…

More

May be an image of 1 person and textMay be an image of book and flowerMay be a close-up of 1 person, standing and outdoorsMay be a close-up of 1 person and outdoors


Source

Leave a Reply

Goudveld Kunste Akademie

Graag nooi Goudveld Kunste Akademie oud-studente om die tiende bestaansjaar saam met ons te vier. Ons beoog om ‘n konsert 3 Augustus 2019 op die planke te bring.

Indien jy saam met jou alma mater hierdie mylpaal wil vier, stuur gerus jou besonderhede na Frank Janse van Rensburg (079 106 2722) of Gerda Koekemoer (082 716 0099)

Goudveld Musiekskool het in 2009 ontstaan en het sedertdien in ‘n volle Kunste Akademie met byna 200 studente ontwikkel. Leerders kan spesialis onderrig in drama, dans, visuele kunste en musiek ontvang. Die Dansdepartement bied Moderne Dans, Hip-Hop en Tap aan. ‘n Wye verskeidenheid instrumente word deur die Musiekdepartement aangebied nl: klarinet, klavier, klawerbord, kitaar, dromme, pyporrel, saksofoon, sang, viool, tjello, trompet en drumline. Vakmusiek kan ook vanaf graad tien tot twaalf geneem word. Die Dramadepartement bied individuele en groepklas aan.

Die GKA bedryf ook ‘n boekwinkel waar boeke en instrumente bestel kan word. Onderrig word deur uiters bekwame personeel aangebied. Hulle is: Gerda Koekemoer, Eraneé de Beer, Candice Charman, Piet Kruger, Lana Combrinck, Dean Scarcella, Gerna Koekemoer, Jean Turchino en Frank Janse van Rensburg. Goudveld Kunste Akademie spog met die hoogste slaagsyfer in ABRSM, Trinity en Rockschool eksterne eksamens. Leerders kry ook die geleentheid om aan musiekblyspele, koor of talentaande deel te neem. Hier volg ‘n kortlys van produksies wat deur Goudveld-Hoërskool met sukses op die planke gebring is.

  • 2009 – Grease
  • 2011 – Beauty and the Beast
  • 2013 – Joseph and his amazing Technicolour Dream Coat
  • 2015 – “Oliver!” van Lionel Bart
  • 2017 – The Kind and I
  • 2019 – Seven Brides for 7 Brothers

Goudveld Kunste Akademie kan met trots as een van die mees toonaangewende kunste instansies in die Vrystaat geag word.

Musiekskool

Gedurende die jaar het 16 leerders hul ABRSM teorie eksamen afgelê waarvan 2 leerders met onderskeidings slaag, 20 leerders het hul ABRSM praktiese eksamen afgelê. Vanjaar het 10 leerlinge ingeskryf vir die Rockschool praktiese eksamen, wat einde Oktober afgelê word.

Onderrig word deur die volgende uiters bekwame personeel aangebied: Gerda Koekemoer, Gerna Koekemoer, Frank Janse van Rensburg, Eraneé de Beer, Candice Grové, Trudené Marais, Piet Kruger, Shané Addinal, Ciska Rheeder, Lida Singleton, Dean Scarcella en Charlene Scarcella.  Goudveld Kunste Akademie spog met die hoogste slaagsyfer in ABRSM, Trinity en Rockschools eksterne eksamens in die streek. Die akademie dien ook as die eksamensentrum vir ABRSM en Rockschool in die streek.

Dramaskool

Die dramaskool het hierdie jaar hul eie poppekas, poppe, dekor en rekwisiete ontwerp en gebou. Die poppekas is by verskillende laerskool opgevoer. DJ Kruger het deelgeneem aan die ACT/DALRO/Nedbank Scholarship. Tydens die Eisteddfod word daar  x3 A++, x3 A+/ x5 A, x10 B+ en x1 B verower.

Kunsskool

Die kunsskool het vanjaar vanaf 1 student na 15 studente gegroei. By die Kunstefees behaal die leerders een kategoriewenners, x1 A+, x2 A’s, x3 B+ en x1 C sertifikate. Tydens die Makiti Kontreifees ontvang die kunsskool 1 goud (Gabby Whatley) en 1 brons toekenning. 3 leerders neem deel aandie Musiekfees by Vredefort waarvan Jennifer Bezuidenhout en Danielle de Hart as kategoriewenners aangewys is.

Dansskool

Die dansskool  het ‘n suksesvolle vertoning wat geskoei is op die verhaal van “Shrek” aangebeid in die Ernest Oppenheimer Teater op 12 en 13 Oktober. 3 Leerders neem deel aan SATCH gedurende die September vakansie en behaal 1 silwer, 2 goud en een platinum medaljes.

Taal en Kunstefees

98 leerlinge van Goudveld-Hoërskool het 216 items ingeskryf.  Die leerders verwerf 80 goud en 90 silwer sertifikate.  Daar was ook 46 kategorie-wenners.

Kroonstad Eisteddfod

110 items word deur Goudveld-Kunste Akademie leerders ingeskryf en die leerders verwerf 22 kategorie wenners sertifikate, 77 goud en 11 silwer sertifikate.

Koor

Goudveld-Hoërskool koor bestaan uit 80 lede. Die koor tree gedurende die jaar by verskeie geleenthede op. Tydens die Taal- en Kunstefees sowel as Kroonstad Eisteddfod verwerf die koor ‘n A++ (90%) en word hul ook as kaategoriewenner aangewys.

Tydens die Junievakansie het die koor ‘n kamp te ATKV-oord Drankensville onderneem. Gedurende diè tyd is die repertoire vir die Talentaand aangeleer.

Talentaand

Die Talentaand vir plaas op 25 en 27 September by die Goldfields Konferensiesentrum. 21 Items het die audisies geslaag. Die deelnemers neem deel in die volgende afdelings: Dans, Drama; Instrumentaal en Sang. Uittreksels uit die musiekblyspel “The Lion King” word deur die koor gedoen saam met 5 leerkragte van Goudveld-Hoërskool wat as soliste optree. Die koor word begelei deur ‘n orkes wat bestaan uit dosente en leerlinge van die GKA.

Musiek As Vak

10 leerders ontvang vakmusiek onderrig.  Daar is drie graad 12-, vyf graad 11-en twee graad 10-leerders.