Watter vakke kan 'n Goutie kies

*EEN UIT ELKE AFDELING

Graad 8 en 9

Groep 1 – Verpligte leer areas

  • Afr: Afrikaans
  • Eng: Engels
  • Wisk: Wiskunde
  • NW: Natuurwetenskappe
  • EBW: Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe
  • LO: Lewensoriëntering
  • TEG: Tegnologie
  • SW: Sosiale Wetenskappe
  • SK: Skeppende Kuns

Graad 10 tot 12

Verpligte vakke:

  • Afrikaans
  • Engels
  • Lewensoriëntering
  • Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid

*Graad 10 tot 12 – Vakpakkette:

  1.  Geografie/ Rekeningkunde/ Lewenswetenskappe/ Rekenaartoepassingstegnologie
  2.  Besigheidstudies/ Toerisme/ Fisiese Wetenskappe
  3. Verbruikerstudies/ Ingenieursgrafika en Ontwerp/ Lewenswetenskappe / Rekenaartoepassingstegnologie

LET WEL :

Leerders wat Rekenaartoepassingstegnologie neem betaal R360,00 per jaar addisioneel om die vak te neem. Leerders wat Verbruikerstudie neem moet R400,00 per jaar betaal vir die aankoop van bestanddele. Leerders wat IGO neem moet R410,00 per jaar betaal. Musiek as vak betaal addisionele fooie per kwartaal. Benewens bogenoemde vakke kan Inligtingstegnologie en Musiek as agtste vak (onderworpe aan keuring en sekere voorwaardes) geneem word.

Vir alle agtste en/of meer vakke, moet ‘n addisionele bedrag van R2400 per jaar per vak betaal word.

N.B. Vakkeuses is onderhewig aan departementele rasionalisasie

AKADEMIE IS ONS TROTS!

Wees verseker jy is spesiaal en daarom verdien jy net die beste!