Mnr Sauer….

Mnr Sauer.
Namens al die Gouties wil ons mnr graag geluk wens met mnr se verjaarsdag.
Dankie vir dit wat mnr vir ons skool en ons gemeenskap doen. Dankie vir al die tyd wat mnr aan ons afstaan en die onbaatsugtige opofferings wat mnr vir ons maak.
Mnr het ons geleer dat 'n skool nie net 'n skool is nie maar 'n plek waar 'n kind moet veilig voel, geborge moet wees en hope pret moet kan hê.
Baie dankie vir die mooi voorbeeld wat mnr vir ons stel. Dankie dat mnr ons skool bestuur met 'n yster hand en 'n sagte hart.
Mag mnr 'n mooi dag hê saam met mnr se gesin.
Goutie-groete.




Source

Leave a Reply